Wat is die Enneagram?
Stel jou voor ’n verhoog met nege dansers wat almal op dieselfde musiek beweeg, maar elkeen met sy eie unieke styl. Dít is die Enneagram. Dit is ’n dinamiese persoonlikheidsraamwerk wat nege verskillende maniere beskryf waarop mense uitdrukking aan hulle self gee in die wêreld , hoe hulle besluite neem en verhoudings hanteer. Elke tipe is soos ’n bril waardeur jy die lewe interpreteer — dikwels sonder dat jy eers besef jy dra dit. Die Enneagram wys nie net watter “dans” jy geneig is om te doen nie, maar help jou ook verstaan hoekom jy so beweeg, hoe jy onder druk reageer, en hoe jy met groter bewustheid en vryheid kan groei
Hoekom die Enneagram gebruik?
Die Enneagram word gebruik omdat dit verder gaan as oppervlakkige gedrag en fokus op die diep motiewe wat ons dryf. Dit help jou verstaan hoekom jy reageer soos jy reageer, hoekom sekere patrone oor en oor herhaal, en hoekom sekere situasies jou meer raak as ander. In plaas daarvan om net jou sterk- en swakpunte te identifiseer, gee die Enneagram vir jou insig in jou oorlewingsstrategieë — en wys dit ook vir jou ’n pad na groei. Dit word gebruik in persoonlike ontwikkeling, leierskap, spanontwikkeling en verhoudings, omdat dit bewustheid skep, empatie verdiep en nuwe keuses moontlik maak.
Klik die skakel hieronder en kry jou opsomming van elke Enneagram styl.
Enneagram Hulpbronne
Van Kettings tot Keuses:Nege Gesigte van Menswees Die stories van ons gebondenheid en die pad na heelheid deur die lens van die Enneagram